top of page

Boodskap van die Hoof, Mnr Mark van Rooyen

Personeel , VAN ROOYEN , M_ Export Staff(1).jpg
Hartlik welkom aan elke voornemende ouer by Laerskool Orion. Dit bly 'n groot gebeurtenis in ons lewe om 'n kind by sy of haar eerste skool in te skryf.

 

Elke kind is uniek, met sy of haar eie talente, behoeftes en omstandighede. In ’n diverse en steeds veranderende onderwyslandskap is dit belangrik om ’n skool te kies wat nie net akademiese uitnemendheid nastreef nie, maar ook u kind se totale ontwikkeling ondersteun. Ons verstaan dat u kind u kosbaarste besitting is – en dat slegs die beste vir hom of haar goed genoeg is.

​

By Laerskool Orion poog ons om vanuit ’n Christelike perspektief kinders te begelei sodat hulle bemagtig word om betekenisvolle keuses in hul lewens te maak. Ons streef na uitnemendheid deur moedertaalonderrig en die holistiese ontwikkeling van elke leerder. Ons glo in ’n sterk vennootskap met ouers en die gemeenskap, gebou op vertroue, samewerking en respek.

Ons leerders en personeel beleef Orion as ’n plek van veiligheid, omgee en verbondenheid – waar almal behoort en waar ons mekaar ondersteun en na mekaar uitreik.

​

Ons opregte bede is dat u kind as ’n trotse Orie sy of haar volle potensiaal sal bereik hier by hierdie uitnemende skool.

Ons visie, missie en waardes

Laerskool orion streef na uitnemendheid op 'n Christelike grondslag deur moedertaal-onderrig en die totale ontwikkeling van elke leerder...

Ons geskiedenis

Laerskool Orion het ontstaan as gevolg van ‘n samesmelting tussen die destydse skole Laerskool Willem Cruywagen en Laerskool Jan Meyer....

bottom of page