
​​
Skoolgeld
-
Die skoolgeld beloop R20 200 per kind per jaar. Hierdie bedrag word in 10 gelyke paaiemente verdeel, betaalbaar van Januarie tot Oktober.
-
Indien die volledige bedrag voor 31 Maart 2025 betaal word, kwalifiseer u vir ’n 10% afslag (dus betaal u slegs R18 180).
-
Leerders in Graad 4 tot 7 betaal ’n addisionele R250 vir die nuwe leerarea Kodering en Robotika.
Naskoolsentrumgeld
​
-
Die jaarlikse fooi vir die Naskoolsentrum is R9 500 per kind. Hierdie bedrag word in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar van Februarie tot November.
-
Indien u kind gedurende die jaar by die Skool of Naskool aansluit, versoek ons dat u met Me. le Roux by die Finansiële Kantoor in verbinding tree.
-
’n Kalendermaand se skriftelike kennisgewing is vereis indien u kind die Naskoolsentrum sou verlaat. Kennisgewing moet gestuur word na fin@lsorion.co.za.
Algemene Inligting
​
-
Skoolfooie is vooruitbetaalbaar – voor die 7de van elke maand.
-
Indien u alternatiewe betaalreëlings wil tref, rig asseblief ’n skriftelike versoek aan Me. Hart by debiteure@lsorion.co.za.
-
Elektroniese betalings kan vir u gerief gedoen word. Volg asseblief die instruksies op die volgende bladsy.
-
Indien u kind die skool verlaat, moet ’n formele aansoek vir ’n oorplaaskaart gerig word aan Me. I. Pretorius by info@lsorion.co.za. Skoolgeld sal dan pro rata terugbetaal word.
​
​
WYSE VAN BETALING
Kontant
Kontant kan gedurende normale skoolure by die Finansiële Kantoor van Laerskool Orion inbetaal word.
Indien kontant saam met u kind gestuur word, moet dit aan die registeronderwyser(es) oorhandig word in ’n verseëlde koevert met die volgende inligting duidelik aangedui:
-
Leerder se naam en van
-
Graad en registerklas
-
Bedrag ingesluit
-
Doel van betaling (bv. skoolfonds, uitstappie, boekfonds, ens.)
​
Elektroniese betaling
Bankbesonderhede vir SKOOL is as volg:
Rek. Naam : Laerskool Orion
Rekening nr: 40 5891 2419
Takkode : 632005
Tak: ABSA – New Redruth
VERWYSING: SOOS OP U STAAT
​
​
Bankbesonderhede vir NASKOOLSENTRUM is as volg:
Rek. Naam: L/S Orion Naskool – Tjekrekening
Rekening nr: 40 9057 4449
Takkode : 632005
Tak: ABSA – New Redruth
VERWYSING: SOOS OP U STAAT
​
E-pos asseblief die betalingsbewys na fin@lsorion.co.za vir aandag Mev S. le Roux.
​
Alle navrae rakende die finansies kan by die finansiële kantoor by die Laerskool gedoen word.
​
​
Kaartfasiliteite
U kan met u kredietkaart of debietkaart by die finansiële kantoor betaal.
​
Indien die rekening agterstallig raak
-
’n Skriftelike kennisgewing sal aan u gestuur word en u sal telefonies gekontak word.
-
Daarna sal u weer ’n skriftelike kennisgewing ontvang.